In een geval is 61 stoppe dagga van 187 gram om 04:50 op 'n perseel in Civic Park gevind.
Twee persone is op hierdie klag, sowel as nog 'n dwelmverwante klag by dieselfde perseel gearresteer.
Die bevelvoerende offisier van KwaNonqaba SAPD, lt kol Johan Braaff, het die polisielede vir hul volharding en deurlopende goeie werk geprys.
"Die publiek besef nie die harde werk en administrasie soos gepaste lasbriewe wat operasies van hierdie aard voorafgaan nie. Die lede het hulle baie goed van hul taak gekwyt."
Skofbevelvoerder Ao Avril Minnies het sy kollegas aangemoedig om met die harde werk voort te gaan en soortgelyke deurbrake die norm van die skof te maak.

Die Misdaadvoorkomingsskof van KwaNonqaba wat binne 24 uur 21 dwelmverwante sake suksesvol hanteer het, van links: konst Wisani Mkansi, buurtwaglid mnr George Pike, konsts Doempie Duitsjan en Elizabeth Rabie, Ao Avril Minnies en ksts Gino Thomas en Christopher Mars.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus