MOSSELBAAI NUUS - Lede van die St Blaize Naaldwerkgilde het op Vrydag, 10 Maart weer 'n heerlike kuier en suksesvolle oggend op Hartenbos gehad.
Die opkoms was goed met Corneille van Creative Hands wat die lede en gaste geïnspireer het met haar kuns-demonstrasie.
"By St Blaize Naaldwerkgilde dek ons enige vorm van kuns, naald-, brei- en hekelwerk. Ons strewe is om handvaardigheid weer terug te bring in ons huise.
"Almal is hartlik welkom by ons, ons vergader elke tweede Vrydag van die maand. Kom drink 'n koppie tee as 'n gas saam met ons," nooi Engela Buys van die gilde.
Vir enige navrae kan die gilde-voorsitter, Kathleen Frost (084 062 2869) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'