SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste het 'n ware Portugese fiësta beleef tydens die Junie-demonstrasie wat by Searles in Groot-Brakrivier plaasgevind het.
Al die pad vanaf Komatiepoort het Magda die Fynproewers meer kom leer van die geurige en smaaklike cuisine van die Portugese. Magda was die eienaar van 'n Portugese restaurant in Komatiepoort, 'n klein maar bedrywige dorpie op die Mosambiekse grens.
Sy vertel: "Hier het ek geleer dat daar geen beter garnale in die wêreld is as dié uit Maputo nie en dis hierdie einste garnale wat hierdie restaurant seker die bekendste landmerk in die Laeveld gemaak het."
Sy het die volgende geregte demonstreer: Portugese peri–perisous, baracuda rolletjies en Mediterreense salsa, moelas, kerriegarnale, garnale uit Lourenco Marques (Mapuo) en appeltertjies met sout-karamelsous.
Magda het self die wynpasproe aangebied. Al die geregte het uitstekend gepas by die ligte, vrugtige Portugese wyn met 'n effense vonkel – Casal Garcia, Vinho Verde.
Die spesiale tafel wat gedek is, is in die rooi en groen van die Portugese vlag gedoen. Die middelstuk het bestaan het verskillende rissies en kerse en het 'n warm feestelike en uitnodigende atmosfeer uitgestraal. Vervuld en tevrede is almal daar weg, wetende dat hulle heerlik fees gevier het. Viva, Magda Steyn, viva!
Die volgende byeenkoms sal in Augustus plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'