Gallery
MOSSELBAAI-NUUS - Die nie-winsgewende organisasie (NWO), Anti- Bullying Academy (ABA) se jaarlikse 5km Colour Fun Run het op Saterdag, 30 Maart, plaasgevind aan die Hartenbos Seefront.
Seremoniemeester
Die seremoniemeester was die Speaker van George-munisipaliteit, raadslid Sean Snyman. Die eienaar van ABA, Karen Gray het gesê: "Ons was ook bevoorreg om sewe lede van Mosselbaai se Junior Stadsraad (JSR) daar te kon hê. Hulle het hulself geniet en ook 'n verfpunt beman.
Fantastiese weer
"Soos altyd met ons colour run was die weer fantasties en ons het bykans 200 deelnemers van jonk tot oud gehad, wat deelgeneem het. Daar was ook 'n paar groot familiegroepe wat reg was om ingekleur te word met hulle spierwit T-hemde.
Galery:
(Foto's: Damian Coulson Art Photography, Andrew Basson, Christa Nel - Lo'Cal):
https://tinyurl.com/y98zh65t
Vennote
"Ons is dankbaar vir ons ondersteunende vennote, wat die dag vir ons moontlik gemaak het. Sonder hulle en die publiek wat ons ondersteun, is dit nie vir ons moontlik om ons werk in die gemeenskap te kan doen nie. Baie dankie aan elkeen," het Gray gesê.
Voorleggings
Die akademie doen voorleggings oor boeliegedrag by skole en bied ook naweekkampe aan. ABA kan gekontak word by 081 869 6090 en 078 082 5725 of stuur 'n e-pos na info@ theantibullyingacademy.org.
Volgens Gray is ABA en JSR ook in noue samewerking met mekaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’