HARTENBOS NUUS - Met die Hartenbos VLV se komende vergadering volgende week 26 April, word 'n heerlike en opwindende oggend beplan.
Dominee Johan Engelbrecht, Hartenbos NG Gemeente kom kuier en gaan dat die lede weer die wonder van die FAK-liedere herlewe.
"Ons gaan sing, daar gaan voorgelees word en die geskiedenis van die sangbundel gaan herlewe word. Kom geniet die oggend saam met ons."
Die vergadering begin om 09:30 by die Lede in Christus Kerk, Hartenbos, hoek van Katjiepiering- en Jakarandalaan, Hartenbosheuwels.
Nuwe lede welkom.
Vir enige navrae, kontak Rita (076 151 9607).
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Mosselbaai nuus'