Gallery
MOSSELBAAI SPORTNUUS - Ongeveer 150 vier- en vyfjarige kleuters sal op Saterdag, 30 September bymekaar kom vir 'n sportbyeenkoms.
Dit is 'n welbekende feit dat kinders in die vroeë-kinderontwikkelingsfase ook tydens die pandemie skade gely het aangesien hulle tydens die grendeltydperk en te midde van die daaropvolgende beperkende maatreëls van talle geleenthede ontneem is.
Vanjaar gaan die jongspan baljaar tydens 'n boeresportdag by die Uitbreiding 23-sportgronde.
FOTOGALERY: 'n Sportfees om nie te vergeet nie
Die dag word deur die Mosselbaai-munisipaliteit gefasiliteer. Vir meer inligting, kontak Lucinda Piedt (044 606 6296 of stuur 'n e-pos na lpiedt@mosselbay.gov.za).
Mini-brandbestryderskompetisie
Ook tydens verlede week se SA Toughest Firefighter Alive-kompetisie het die kleingoed met oorgawe deelgeneem. Sewentig kinders tussen die ouderdomme van 3 en 10 jaar het aan die mini-brandbestryderskompetisie wat vir die eerste keer aangebied is, deelgeneem.
MossMarch
Gesinne is ook tydens vanjaar se Sport- en Rekreasiefees allermins uitgesluit. Môre, 24 September word die MossMarch aangebied. Hierdie massa-pretstap, is geskik vir die hele gesin en word in samewerking met die Hartenbos Seefront aangebied. Toegang is gratis. Registrasie is om 09:00 en die stappery begin om 10:00. Die roete is ongeveer 4km. Deelnemers word versoek om 'n item nie-bederfbare kos, wat dierekos kan insluit, saam te bring.
Die volledige program is beskikbaar by www.mosselbay.gov.za of op Facebook – Mosselbaai-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'