Gallery
GEORGE NEWS - Netbalspelers van Rosedale het behoorlik stof opgeskop tydens ‘n vriendskaplike toernooi op Saterdag 10 Augustus.
Verskeie klubs van die omgewing, waaronder die Shooting Stars van Lawaaikamp en Rising Stars van Thembalethu het ‘n heerlike sportdag by die netbalbane in Rosedale se hoofstraat beleef.
Die organiseerder van die dag, Rolene Tarentaal, het gesê dit is vir haar geweldig belangrik dat kinders op ‘n gesonde manier besig gehou word. “Hulle is die grootmense van môre, ons moet hulle ondersteun en motiveer om hulle beste self te wees,” het sy gesê.
GALLERY Rosedale weet hoe om netbal te speel!
Van die ander spanne wat deelgeneem het sluit in Sunshine Lions van Sonskynvallei (naby Hartenbos), Swallows van Hoekwil, en Wilderness Hights.
“Selfs seunspanne het deelgeneem, wat wys hoe groot die behoefte aan deelname is,” het Tarentaal gesê. Rosedale se wyksraadslid Melvin Roelfse het ‘n draai gaan maak, en John Bruinders, Granville Campher en Levinia Botha van die munisipale sportkantoor, sowel as raadslid Regina Windwaai en Braam America, het ook hul steun gegee.
“Braam America het vir ons foto’s geneem, en ons is baie dankbaar vir die bystand van ons sportraad wat dit vir ons moontlik gemaak het om so ‘n heerlike sportdag te hou,” het Tarentaal gesê.
Active United junior boys teen Shooting Stars junior.
Wilderness Hights en hul afrigter Rewine Prins.
Shooting Stars van Lawaaikamp en hul afrigter Shaima Windwaai
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’