MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Community Soup Drive, 'n welsynsorganisasie in Mosselbaai bied Vrydagaand, 4 November, 'n musiekfees aan waar Early B, RJ & LK van Wikkel-wikkel faam en Prerogative Live Band optree.
Die opbrengs word gebruik om ongeveer 1 500 behoeftige mense van 'n kersete te voorsien.
Die Mossel Bay Community Soup Drive bied hierdie ete al die afgelope drie jaar aan en omdat die behoefte tans groter is, wil hulle hierdie jaar meer mense as vorige jare bedien.
Kaartjies kan gekoop word by William Sam by 082 387 6340. Kaartjies kan ook by die hek gekoop word.
Besoekers kan hulle piekniekmandjies saambring en by die D'Almeida Sportgronde ontspan waar die musiekfees aangebied word. Besoekers mag hulle eie drankies bring maar moet dit by die hekke verklaar.
Geen breekbare glashouers sal toegelaat word nie en feesgangers word versoek om eerder plastiekhouers saam te bring.
Hekke open om 17:00 en die verrigtinge begin om 19:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'