MOSSELBAAI NUUS - Die leerders van Ridgeview Primêre Skool het op Vrydag, 20 September die Dias Museum besoek vir Erfenismaand.
Die 82 kinders het die uitstappie terdeë geniet en danksy die museum bestuur, gratis toegang asook vervoer daarheen gekry.
"Die kinders het 'n begeleide toer gehad en het baie geleer.
"Baie dankie aan Brigitta en Denise vir die lekker worsrolletjie, appel en koeldrank wat hulle vir die kinders gegee het," sê Delene Berry van die Mossel Bay Care Centre.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'