MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit hou vanjaar ‘n erkenninggeleentheid vir vroue wat hulle plek in die gemeenskap vol staan. Volgens die direktoraat van gemeenskapdienste wat eienaarskap van die geleentheid geneem het, wil die munisipaliteit vanjaar hiermee daarop fokus om Vrouemaand iets besonders te maak.
Verskeie kategorieë waarin vroue erkenning kan ontvang is geïdentifiseer, maar die Mosselbaai-munisipaliteit reken op die gemeenskap se insette om hierdie besonderse vroue te nomineer.
Kategorieë sluit vroue in:
- Wat groot terugslae gehad het en desnieteenstaande uitgestyg het
- Wat presteer in ‘n tipiese “manswêreld”
- In uniform (waarvoor hulle nie betaling ontvang nie)
- Wat ‘n verskil in die gemeenskap maak
- Wat projekte aanpak sonder om ‘n inkomste daaruit te maak
- In besigheid
- In wording, wat ‘n verskil maak in gemeenskap (leerders en studente)
Nominasies is oop tussen 1 en 19 Augustus. Geen laat nominasies sal in aanmerking geneem word nie.
Inskrywingsvorms is beskikbaar aanlyn by www.mosselbay.gov.za, of die munisipaliteit se Facebookblad of by die munisipale kantore se
betaalpunte asook biblioteke in die groter Mosselbaai. Kriteria vir nominasies word op die inskrywingsvorm uiteengesit.
Die erkenningsaand vind op 31 Augustus ter afsluiting van Vrouemaand plaas. Meer inligting oor die erkenningsaand volg. Meer inligting is beskikbaar by Alma Kapp (akapp@mosselbay.gov.za) of 044 606 5251.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'