Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Motorfietsryers van regoor die Tuinroete het vanoggend by De Bakke in Mosselbaai byeengekom om geld in te samel vir die Shark Lab-akwarium by die Punt se behoud.
Vanweë die nasionale inperking en gevolglike knou wat toerisme in Mosselbaai toegedien is, is die akwarium in ernstige finansiële nood.
Volgens Liza van Dyk wat die byeenkoms geïnisieer het, het daar bo en behalwe die deelnemers aan die byeenkoms se bydraes, verskeie donateurs na vore gekom wat gehelp het om skade aan die akwarium te help finansier.
Die akwarium se waterpompe het skade gekry tydens van die storms wat Mosselbaai in die onlangse verlede geteister het. Onder die deelnemers aan vandag se byeenkoms was ‘n twee honde wat saam met hulle base motorfiets gery het.
Die jongste deelnemer was klein Alexander Munro, ‘n maand oue babaseuntjie van Oudtshoorn.
Kyk 'n video hieronder:
Stefan en Alexander Munro van Oudtshoorn
Brian Meiring en sy picante Yorki, Riddell
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'