Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die Macs Garden Route-motorfietsklub en organiseerders, die Macs-motorfietsklub van Mosselbaai se fees vir outisme op Saterdag, 24 April was een van die grootste byeenkomste in Mosselbaai sedert die Covid-19-inperking in Maart 2020 begin het.
'n Groot aantal lede van die publiek en meer as 50 lede van die Macs, asook lede van ander motorfietsklubs en winkeleienaars in die omgewing vanaf 08:00 die oggend tot laat Saterdagaand vermaak deur verskeie optredes wat op die mobiele verhoog aangebied is.
Reeds van vroeg af het die reuk van braaivleisvure oor Voorbaai gehang, terwyl stalletjies gereed gemaak is.
Die fees is amptelik deur die onderburgemeester, raadsheer Dirk Kotzé geopen en nadat die lint geknip is, het Jacques Mostert, vise-president van die Macs Mosselbaai, 'n gedig voorgelees wat hy die vorige nag geskryf het.
Hy het die gedig aan die aan die kinders van die Ethan-projek oftewel Education and Training Hub for Autism Needs opgedra.
Fotogalery: A day with the Macs in aid of autism
Na skriflesing en gebed het die kinders van Ethan 'n item gelewer. Die direkteur van Ethan, Diane Hobbs het meer vertel het oor outisme en hul projekte wat beplan word. Volgens Hobbs is hulle tans ook besig met beplanning om 'n sentrum vir outisme in KwaNonqaba tot stand te bring.
Die Ethan-projek is net buite Mosselbaai geleë waar daar gespesialiseer word in outisme-spesifieke behandeling. Outisme is 'n toestand wat die ontwikkelende kinderbrein affekteer en in drie areas probleme veroorsaak. Vroeë waarskuwingstekens van die toestand sluit in kinders wat nie op hulle naam reageer nie, stadige of atipiese taalontwikkeling, atipiese interaksie met hul portuurgroep en stereotipe bewegings.
Volgens Mostert, was die fees 'n groot sukses en kan hul met trots sê dat hulle 'n bydrae kan lewer aan die Ethan Project om benodighede aan te koop. Die fees het niemand teleurgestel nie en kos en vermaak was daar genoeg. 'n Uitstalling van voertuie, 'n pretloop ten bate van outisme, karate vertoning en verskeie kunstenaars het die publiek met hul verhoogoptredes vermaak. 'n Potjiekoskompetisie is gehou en talle pryse is uitgedeel. Mostert het een en elk bedank vir hul openhartige bydraes wat tot die geleentheid se sukses bygedra het.
Kyk 4 video's hieronder:
Onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé sny die lint om die Macs vir Outisme-fees amptelik te open. Regs van hom is die organiseerder van die fees, Jacques Mostert, vise-president van Macs Mosselbaai en links van Blue, die Ethan Project se gelukbringer, staan Diane Hobbs. Foto: Jannie du Plessis
Die feesterrein Saterdag, 24 April in die parkeer-area van Mega Meat. Foto: Jannie du Plessis
Vorige artikel: All for Autism awareness
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'