GRAAFF-REINET NUUSFLITS - Beeldmateriaal van Saterdagoggend, 28 April, se ongeluk in Caledonstraat, waar ‘n motorfietsryer beheer oor sy fiets tydens ‘n ‘wheelie’ verloor het, wys hoe die ongeluk plaasgevind het.
[Die video is nie geskik vir sensitiewe kykers nie en bevat kru taal.]
Die beeldmateriaal is deur toeskouers wat die oggend se verrigtinge gaan kyk het afgeneem en wys die ongeluk soos gesien van beide kante.
Die ongeluk het tydens die toertjies wat soos gewoonlik in een van die dorp se strate gehou word tydens die jaarlikse Strawdogs-motorfietssaamtrek plaasgevind.
Kyk die video op ons susterskoerant, Graaff-Reinet Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'