MOSSELBAAI NUUS - Twee kinders is gister, op Woensdag, 16 Februarie om 07:45 op die sypaadjie by Mosselstraat in Uitbreiding 8 op Mosselbaai raakgery.
Volgens die polisie het die voertuig die kinders getref waarna die bestuurder weggery het.
Kommunikasiebeampte van die KwaNonqaba-polisiestasie, Adjudant Offiser Kappie Kapp sê die bestuurder het na bewering vir ‘n taxi uitgeswaai waarna die voertuig die kinders getref het.
Die twee kinders is nie ernstig beseer nie maar is vir ligte beserings behandel. Hulle ouderdomme is nog nie bekend gemaak nie.
Die Da Gamaskop-polisie is opsoek na ‘n swart voertuig, vermoedelik ‘n Landrover met ‘n CAW (George) registrasienommer. Enigeen wat die polisie met inligting kan help word versoek om sers Sonia du Plessis te kontak by (044 606 2221).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'