OUDTSHOORN | MOSSELBAAI NUUS - 'n Pa en sy twee kinders van Mosselbaai het vanoggend omstreeks 07:00 'n noue ontkoming gehad toe hulle motor 'n bees duskant die Robinsonpas getref het.
Die man en sy seun en dogter was vanaf Mosselbaai onderweg na 'n vakansiebestemming toe die bees voor die motor beland het.
Die bees was deel van 'n trop van 'n nabygeleë plaas wat iewers deur 'n heining of deur 'n oop hek uitgekom het.
Die bees is 'n ruk na die botsing dood.
Die trop beeste is deur plaaswerkers bymekaargemaak en van die pad af terug plaas toe aangejaag.
Die bees is 'n ruk na die botsing dood.
Die bees was deel van 'n trop van 'n nabygeleë plaas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'