Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Konvooi vragmotors vertrek vandag, Donderdag, 14 November vanaf Mosselbaai om gesinne in nood in Boesmanland van voedsel en noodsaaklike items te voorsien.
Plaaslike inwoner, Theuns Kritzinger, in samewerking met Burre Burger se droogtehulpprojek vertel tydens hul laaste uitreik op 14 Junie na die Boesmanland, het die Mossel Bay Advertiser se voorbladartikel aangaande hulle projek baie reaksie ontlok.
Dit is aangesien die meeste skenkers wat betrokke raak, nie op sosiale media is nie.
Daar is ongeveer 1 200 geskenkboksies en Kersgeskenke aan kinders, boere en boervroue. Twintig bokse stokvisfillette, een ton gevriesde bloubessies en 2.5 ton verwerkte een kilogram vleispakkies word gestuur. Daar is 1 200 tweeliter koeldranke en ongeveer 2 000 vyfliter drinkwater.
Fotogalery: Droogtehulp vir Boesmanland
Saam met die vrag gaan daar doseermiddels vir diere, sonbrandmiddels, medikasie vir menslike gebruik, skoonmaakmiddels en kruideniersware vir ongeveer 200 gesinne en 'n ruim hoeveelheid klere geskenk word. Dit sluit 50 oorpakke in.
Kyk 'n video hieronder:
Die projek het baie reaksie ontlok.
•Lees meer in die Mossel Bay Advertiser en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'