MOSSELBAAI NUUS - Op Vrydag, 1 Mei, die eerste dag van vlak 4 van die nuwe inperkingstydperk, het miljoene Suid-Afrikaners na vyf weke van inperking in vlak 5, gebruik gemaak van die vergunning om fiks te bly.
Van oraloor word berig dat die strate op dié dag, in teenstelling met vorige weke, tussen 06:00 en 09:00 gewemel het soos die ingeperktes gaan draf, stap of fietsry het.
Selfs in die groter Mosselbaai het die fikses én minder fikses die strate in 'n radius van 5km vanaf hul wonings aangedurf. Honde-eienaars het ook na die leibande gegryp om hul dierekinders vir die eerste keer in vyf weke weer die omgewing te laat inspekteer en moes uithaal en wys om by die baldadige dierenasie by te hou.
Fotogalery: Mosselbaaiers geniet vlak 4 verligting
Mosselbaaiers was baie gehoorsaam en het soos President Cyril Ramaphosa versoek het, hul maskers gedra. "Enigiets net om buite te kom," vertel van die stappers. Een van die stappers vertel vrolik: "Ek was nog nooit lief om te stap nie, maar nou kan 06:00 soggens nie gou genoeg aanbreek nie. Ek stap letterlik en figuurlik tot op die sekond om 09:00".
Mossel Bay Advertiser-joernalis/fotograaf, Jannie du Plessis en vryskutfotograaf, Faffa Boshoff het 'n hele paar van die aktiewes op kamera vasgelê.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'