Video
MOSSELBAAI NUUS - JL van Rensburg, 'n boorling van Mosselbaai, het in die oggendure van vandag, 28 Augustus, vir hom 'n silwer medalje losgestoot by die Wêreldbyeenkoms vir o.20-atlete in Lima, Peru.
Van Rensburg is 'n lid van die ASA Atletiekspan wat deel neem aan dié geleentheid.
Hy het vanoggend om 00:40 Suid-Afrikaanse tyd aan die eindronde vir gewigstoot deelgeneem.
Met sy laaste poging het hy 'n afstand van 20.74m behaal, wat 'n silwer medalje aan hom besorg het. Sy poging was slegs 2 sentimeter swakker as die Nederlander Jarno van Daalen, wat met die goue medalje weggeloop het.
JL se ouers, Johan en Liezel, en sy jonger broer, Walter, het hierdie boodskap vir hom gestuur:
"JL ons is baie trots op jou. So weet ons ook is almal wat deel van jou lewe is. Ons weet waar jou krag vandaan kom. Mag jy elke dag groei en die hoogste hoogte bereik."
Só lyk die wenaftande.
Hiér is 'n video van die stoot wat JL die tweede posisie laat inneem het:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’