MOSSELBAAI NUUS - 'n Oudleerder van Laerskool Park en Hoërskool Punt wat ook 'n graad 11- en 12-leerder by Hoërskool Sao Bras was, het 'n LLB Honneurs by die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf.
Sy het haar klerkskap by die firma Millers Inc gedoen.
Op die foto is advokaat Robin de Jager Petersen op die trappe van die Hooggeregshof in Kaapstad saam met haar trotse ouers Vernon Petersen en René de Jager Petersen. Advokaat Petersen is op Vrydag, 7 Oktober toegelaat tot die Hooggeregshof in Kaapstad.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'