MOSSELBAAI NUUS - ‘n Inwoner van Brunsstraat op Mosselbaai is gistermiddag, Donderdag, 11 Oktober in sy huis aangeval.
Die man het die voorval oorleef en is met verskeie beserings in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.
Volgens die voorsitter van die plaaslike buurtwag, Leon van Dyk het die aanvaller die slagoffer onder meer probeer wurg.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer het die voorval bevestig. Hy wou egter nie verdere kommentaar lewer nie, omdat die ondersoekbeampte besig is om verklarings af te neem. “Ons sal meer inligting gee sodra ons al ons feite bymekaar het.”
Volgens Van Dyk volg die voorval op ses huisbrake in die Bo-dorp gebied in slegs sewe dae. “Vier van die huisbrake is aan die polisie op Mosselbaai gerapporteer.”
Die slagoffer het volgens Van Dyk onder meer kopbeserings opgedoen.
Dit is nog nie bekend hoe die verdagte toegang tot die woning verkry het nie.
Die verdagte is steeds op vryevoet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'