Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Alizia en Rudy Hopley, Lorette Binneman en Chris van der Berg het vanoggend, Saterdag 27 Junie, die wind en waters van Mosselbaai getrotseer.
Nadat die twee vrouens 10km vanaf Hartenbos Engen motorhawe tot by die punt in Mosselbaai gestap het, het al vier in die Poort geswem.
Die span het 07:00 vertrek as deel van die ysbeertjie virtuele uitdaging van Ventersburg en die AWG 10km uitdaging van Kimberley.
Kyk 'n video hieronder:
Die vier ysbeertjies staan hier uitgedos in hul stap- en swemklere. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'