MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se"'skoendokter" het op Woensdag, 17 Oktober, sy 80-jarige verjaarsdag gevier. Dirk van Noordwyk woon op Mosselbaai sedert 1965 en het meer as 30 jaar gelede die winkel, Billy's Shoe Repairs oopgemaak.
Die winkel was eers in Springstraat en het later by die taxi-staanplek op die dorp besigheid bedryf. Aanvanklik was daar ook 'n haarsalon wat saam met die skoenwinkel bedryf is.
Van Noordwyk is bekend onder Mosselbaaiers as die "skoendokter" en het al die jare die skoenwinkel bedryf.
Sy seun, Cor sê egter sy pa moes drie jaar gelede aftree en woon nou in 'n versorgingsoord. "My pa het 'n passie gehad vir dit wat hy gedoen het en het hom in sy werk uitgeleef. Vandag nog vra die mense waar Mosselbaai se 'skoendokter' is."
Van Noordwyk was ook 'n bekende in Mosselbaai se rugbykringe en het vir meer as 25 jaar op die bestuur van die plaaslike rugbyklub gedien. Hy het herstelwerk aan skoene gedoen en het nooit enigeen weggewys nie. 'n Groot partytjie is Woensdag vir Van Noordwyk op Mosselbaai gehou.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'