Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Ten minste vier miljoen mense het oor die afgelope vier dae die geleentheid gehad om by sowat 882 poskantore regoor die land hul SASSA-toelae te kry.
Die Mosselbaai-poskantoor was geen uitsondering nie en op Maandag, 30 Maart en Dinsdag, 31 Maart, het bejaardes en mense met gestremdhede hul toelae kom ontvang. Op 1 en 2 April, sal kindertoelae, asook gewone SASSA-toelae afgehaal kan word.
Volgens onderhoude wat die Mossel Bay Advertiser met van die begunstigdes by die Mosselbaai-poskantoor in Marshstraat gehad het, het alles goed afgeloop en was personeel baie behulpsaam met die reëlings rondom die veiligheid van begunstigdes en die higiëne van die besoekers.
Kyk 'n video hieronder:
Yolandé Phyfer, werknemer by die Mosselbaai-poskantoor het aan die Advertiser gesê dat hoewel dit vroegoggend bedrywig is, die res van die dae baie rustig is en die publiek hul gehoorsaam aan die reëls.
Die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse poskantoor, Ivumile Nongogo, het in 'n onderhoud met die media egter beklemtoon dat die poskantore slegs oop gaan wees vir die SASSA-uitbetalings en dat geen ander dienste beskikbaar gaan wees nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'