MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai het onlangs op gesteelde goedere ter waarde van R50 000 beslag gelê en 'n verdagte gearresteer.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê wagte van die CID in die dorp het die polisie op 7 Januarie van 'n verdagte voertuig verwittig. "Daniel September van die CID sekuriteit het die polisiekantoor gekontak en meegedeel dat hy die verdagte voertuig waarvoor ons op die uitkyk was, gesien het."
Die voertuig, 'n silwer Opel was naby die Punt geparkeer.
Die polisie het die voertuig gevisenteer terwyl die bestuurder toegekyk het. "In die kattebak was daar verskeie vermoedelik gesteelde items. Dit het ingesluit 'n swart kluis en 'n wit ketel asook kos.
Die goedere is vanuit 'n winkel by die Punt gesteel en is intussen aan die geregmatige eienaar oorhandig. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en word aangekla van die besit van gesteelde goedere.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'