MOSSELBAAI NUUS - Moenie op Maandagaand om 20:30 Huisgenoot: Ware Lewensdramas op kanaal 147 misloop nie.
Die Mossel Bay Advertiser en ander inwoners van Mosselbaai gesels oor die wrede dood van die 27-jarige Kirsty James wat op Maandag, 17 Oktober by haar kantoor in Mosselbaai meer as 64 keer met ‘n mes aangeval is.
Kirsty se vriendin, Fallon Edwards dien tans tronkstraf uit, nadat sy onlangs ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het en tot effektief 15 jaar gevangenisstraf gevonnis is.
Nuusredakteur, Louise Karsten vertel van die dag toe die nuuskantoor vir die eerste keer van die voorval te hore gekom het.
Daar is ook onderhoude gevoer met James se familie en vryskutfotograaf van die Advertiser, Dexter Brinkhuis vertel wat in die hof gebeur het.
Vorige artikels:
- Familie ontevrede met moordvonnis
- Vrou wat vriendin meer as 64 keer met mes steek gevonnis
- Fallon Edwards weer in hof
- Fallon laat vaar borgaansoek
- Kirsty 64 keer met mes gesteek
- Mesmoord: Borgaansoek uitgestel
- Vermoorde vrou het voorgevoel gehad
- Verdagte in moordsaak maak eerste verskyning
- Vrou wat met mes doodgesteek is geïdentifiseer
- Vrou sterf na mesaanval by kantoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’