Gallery
DANABAAI NUUS - Die Mosselbaai-kunsmaand het amptelik op Woensdag 27 Augustus met ’n kuns- en handwerkmark by die Danabaai-gemeenskapsaal afgeskop.
Plaaslike kunstenaars en handvlytskeppers het hul talente ten toon gestel, van skilderye en handgemaakte juweliersware tot lekkers en souse.
Die kunsmaand het die eerste keer in Augustus 2023 die lig gesien. Die Mosselbaai-munisipaliteit nooi kreatiewe mense, kulturele leiers en kunswerkers uit om deel te neem en die kreatiwiteit van ons gemeenskappe te weerspieël.
Die volgende handwerkmarkte sal weer op 3, 10, 17 en 24 September by die Danabaai-gemeenskapsaal plaasvind.
Vanjaar se kunsmaand vind van 27 Augustus tot 27 September plaas.
Die organiseerders van die dag se geleentheid. Foto: Gabriélla Siebritz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’