Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Jack Parow is 'amped' en gereed om Mosselbaai te bestorm op Vrydag, 2 Februarie.
Hy tree op om 23:00 by die Santos-feesterrein.
Toe die Mossel Bay Advertiser hom daaraan herinner het dat die dorp vol ordentlike mense is wat kerk toe gaan en nooit vloek nie, het hy gesê in sy ervaring is daar genoeg onordentlike mense in die dorp om na 'n rowwe kalant soos hy se vertoning te kom.
"Sal jy jou vertoning 'n bietjie aanpas vir ons mooi mense?" is hy gevra. "Kom kyk en sien!" sê Parow.
As hy aan Mosselbaai dink, sien hy beelde van mooi meisies, dronk kinders by Santosstrand en mooi branders by die Punt. Hy het al lekker daar gesurf, 'brag' hy.
Hy sou sy karavaan saamgebring het en het gevra of 'n vliegtuig maatskappy dit agter 'n vliegtuig kon vashaak, maar hulle het gesê die aerodynamics sal nie goed wees nie, so hy moes dit agtergelaat.
Kry hy ooit hoofpyne weens sy groot pette? "Nee, net van Parow Brandy [sy eie handelsmerk] en coke, maar van nou af gebruik ek die kep as verskoning. Goeie idee."
Bekendes soos Kurt Darren, Sasha van Getroud met Rugby op KykNet, Mafikizolo, Jamali, Emo Adams en Lloyd Cele tree ook by die Dias & Hawefees dié naweek op.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser.
Kyk 'n video hieronder
ARTIKEL: LINDA SPARG, MOSSEL BAY ADVERTISER SUBREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'