Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Die Onderdorp-buurtwag het Sondagmiddag tussen 12:00 en 17:00 ‘n groot bewusmakingsveldtog by die Punt aangebied.
Buurtwaglede het saam met Captain Crime Stop pamflette uitgedeel en kinders het suiglekkers gekry. Die NSRI het 'n reddingspoging gesimuleer waartydens die ambulansdienste, munisipale verkeer en die polisie ook 'n rol by gespeel het.
Die portefeuljeraadslid vir veiligheid, Anton Dellemijn het ook sy ondersteuning getoon. Besoekers het die kans gehad om meer te wete te kom nie net van die onmisbare rol wat buurtwagte in misdaadvoorkoming speel nie, maar ook oor die goeie samewerking en spanwerk tussen die onderskeie belangegroepe in wetstoepassing en nooddienste.
Inwoners wat graag by Mosselbaai se Onderdorp-buurtwag wil inskakel, kan die voorsitter, Martie Loubser (071 514 4501) of Arthur Riordan (082 702 2607), kontak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'