MOSSELBAAI NUUS - Waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het op Donderdag, 19 Augustus verder deur die dorp gegaan om plaaslike besighede, nie-regeringsorganisasies en ander te besoek as deel van die Mossel Bay Cares-projek.
Die projek is ‘n inisiatief van die Mosselbaai-munisipaliteit ter ondersteuning van die plaaslike ekonomie en ook om verdienstelike werk wat in die gemeenskap gedoen word toe te lig.
Kotzé het twee apteke, Hartenbos- en Mosskem-apteek besoek. Laasgenoemde is ook gelys as een van die privaat fasiliteite waar die Covid-19-inenting bekom kan word.
Die Alma-kliniek was ook op die besoekroete waar onder meer personeel geloof is vir hulle knap hantering van die Covid-19-inentingsveldtog. Daar is ook oë gewys by die D’Almeida-kliniek.
Die seniors van Benevolent Park het ook baat gevind by die besoek toe Kotzé en die speaker, raadsheer Petru Terblanche, wat onlangs van Covid-19 herstel het, die besoek meegemaak het.
Alma Clinic
De Almeida Community Hall
Hartenbos Pharmacy and Clinic
Mosskem Apteek
Foto’s: Jannie du Plessis
Mosskem 2
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'