Elke kind is ook 'n geskenkie gegee wat bestaan het uit ‘n ietsie wat met donasies gekoop is, ‘n geskenkie geborg deur plaaslike donateurs, 'n sokkerbal (vir die seuns, geborg deur Jeanette van Langeberg Mall) en 'n hoola hoop vir die meisies, en 'n pakkie lekkers en 'n roomys.
"Ons hoop dat die kinders hulle geskenkies sal geniet," sê Delene Berry van Mossel Bay Care Centre.
"Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van die dag, en 'n spesiale dankie aan die volgende persone vir die geldelike donasies vir geskenke: mnr Earl van Earp Construction, Colleen Adams van Lewis Stores, Pastore Pieter en Gerhard van die Mosselbaai AGS kerk, mnr Jim McGregor van J&M Engineering, Jan Burger van Burger & Seuns. 'n Duisend dankies aan die volgende persone vir die speelgoed wat hulle geskenk het - Esmé Steenkamp, Mrs Alexander, Karen Gerrits van Link Garden Route, Sanet van Groot Brak (300 lekkergoedpakkies), Phoebe Barton van Stanza Interiors, en Jaco Steenekamp."
"'n Baie groot dankie aan Chantelle Prinsloo van Pick n Pay vir al die geskenkies, asook die koopbewys om geskenke te koop. Sy het ook sommer ingespring en gehelp om die worsrolletjies te botter by die partytjie. Hartman en Seuns vir die worsies, Sylko (Durban) vir die geskenkpapier, Wildfire Distr (George) vir die roomys.
Baie, baie dankie aan almal. Ons en al die kinders waardeer julle ondersteuning. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie."
Die pensionarisse was ook op 7 Desember bederf deur Eden Country Inn, waar hulle 'n heerlike ete geniet het.
"Baie dankie, almal het dit baie geniet. Lilanie Scheffer het ook beloof dat hulle elke jaar 'n Kersete sal borg - wat wonderlik nuus is!"
"Namens die Mossel Bay Care Centre wens ons almal 'n geseënde Kersfees toe."
Die klomp geskenke wat aan die 300 minder bevoorregte kinders van Ridgeview Primêre Skool uitgedeel is.