Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Advertiser se Braaibroodjie-kompetisie het vandag 'n hoogtepunt bereik met die vyf finaliste wat dit uitgespook het vir die wenprys.
Die geleentheid het plaasgevind by die ATKV se Koswerf-restaurant en het vir baie opwinding gesorg.
FOTOGALERY: Mossel Bay Advertiser se Braaibroodjie-kompetisie
Mosselbaai Burgemeester, Dirk Kotzé, Suzaan Rauch, eienaar en sjef van Artizaan by St Vintcent Square en Louise Karsten, joernalis van Mossel Bay Advertiser.
Die wenner van die kompetisie was 'n unieke soet braaibroodjie waarvan die interessante vermenging van smake en geure die knoop deurgehak het vir die beoordelaars.
Alida Stander van Danabaai het die nagereg-wenbroodjie gemaak. Die tweede prys het gegaan vir 'n eg Suid-Afrikaanse biltong braaibroodjie.
Cathryn en Pieter le Roux van Hartenbos se biltong-braaibroodjie met 'n kombinasie van sout en soet, het vir hulle 'n tweede prys besorg.
Die egpaar wat reeds 38 jaar getroud is, braai minstens drie keer 'n week en altyd op 'n Donderdag.
Die derde prys het gegaan aan Heidi Serfontein ook van Hartenbos. Haar man werk vir 10 maande van die jaar in Texas en wanneer hy tuis is braai hulle minstens vier keer 'n week.
Heidi se braaibroodjie bevat onder meer vye, bloukaas en spinasie.
Delmaine van der Merwe van Groot-Brakrivier en Tanya Naude van Mosselbaai, het die vierde prys gedeel met hulle meester braaibroodjies. Al die braaibroodjies was heerlik en as dit van die gaste afhang wat kort-kort aan die broodjies geproe het, was almal wenbroodjies gewees.
Alida Stander van Danabaai het die nagereg-wenbroodjie gemaak.
VIDEO - Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie (Video: Alet Engelbrecht en Jannie Du Plessis).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'