Update
GROOTBRAK NUUSFLITS - Die man wat van die dubbele-moord op 'n egpaar van Groot-Brakrivier verdink word, die 26-jarige Tamsanqa Sishuba, het gister tydens sy getuienis in die Mosselbaai Hooggeregshof die weergawe in sy pleitverduideliking weerspreek.
In Sishuba se pleitverduideliking, pleit hy onskuldig op aanklagte van moord en voer hy aan dat hy die 72-jarige Tewie Human in Junie verlede jaar onder dwang een keer met ‘n panga geslaan het.
Sishuba sê ‘n ander verdagte, Lebohang Lekoro wat na die dubbele moord na Lesotho gevlug het, het hom gedwing om Tewie een keer te slaan. Tewie is sewe keer met ‘n panga geslaan en Eurika is met ‘n mes in haar nek en bors gesteek.
Sishuba het egter vandag onder kruisondervraging gesê hy kan nie onthou dat hy in sy pleitverduideliking aanvoer dat hy Tewie wel een keer met ‘n panga geslaan het nie.
Sishuba het telkemale die skuld op Lekoro gepak en volgehou dat hy niks met die grusame moordtoneel te doen gehad het nie.
Die staat en verdediging sal vandag hul slotbetoë lewer.
Klik hier vir vorige artikels:
• Verdagte vandag in hof
• Eurika Human vermoedelik dadelik dood
• Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
• Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
• Groot-brak dubbele moord: familie by hof
• Dubbele moord: verdagte vandag in hof
• Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
• Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
• Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
• Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
• Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
• Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
• Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
• Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
• Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
• Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
• Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
• Opvolg: Groot Brak gru-moord
• Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
• Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
'Ons bring jou die nuutste Grootbrak, Tuinroete nuus'