MOSSELBAAI NUUS - Die man wat in 2016 reg in eie hande geneem en Daniël Erasmus, alias Voël, op die plaas Doringkraal in die Herbertsdale-omgewing vermoor het, is onlangs tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Streeklanddros Makhamandela het twee jaar van die maksimumvonnis afslag gegee omdat Riaan Isaacs reeds tydens die verhoor vir dié tydperk in hegtenis was.
Isaacs is daarvan skuldig bevind dat hy vir Erasmus na 'n onderonsie met 'n kapmes doodgesteek het.
Die bevelvoerende offisier van die KwaNonqaba-polisie, kapt Ashley Michaels, het die ondersoekbeampte, ao Errol Barnard met die goeie ondersoekwerk wat tot die goeie vonnis gelei het, gelukgewens.
Die staatsaanklaer was mev Bonita Abrahams.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'