MOSSELBAAI NUUS - Die polisie in KwaNonqaba ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n 35-jarige man gisteroggend, Sondag 7 September, deur lede van die gemeenskap ontdek is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Kapp sê voetgangers het omstreek 11:15 op die oorledene afgekom, waar hy in ‘n straat in Aslapark gelê het.
Die oorsaak van die slagoffer se dood is nog nie bekend nie en ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak te bepaal.
Kapp sê die polisie sal die hulp van die gemeenskap en enige ooggetuies waardeer. Die ondersoekbeampte in die saak is Adjudant Offisier Moos (044 606 5609).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'