MOSSELBAAI NUUS - Tydens die Mosselbaai-blommeskou wat eersdaags vanaf 15 tot 17 September plaasvind, kan alle persone wat belangstel in die kuns van blommerangskikking hul skeppings inskryf.
Daar gaan drie kategorieë wees waarin kontant pryse te wen is. Inskrywings is gratis en elke deelnemer moet sy/haar eie blomme, loof en houers bring en die rangskikking moet dan op die terrein gedoen word op 14 September of voor 10:00 op 15 September.
Kinders moet hulle rangskikkings in kersblakers of in eierdoppe doen en die tema is Feëtjietuin in 'n skinkbord. Beginners kan meeding deur die rangskikking van vetplante in 'n ongewone houer met die tema, Rangskikking in 'n mandjie en die gevorderde rangskikkers se tema is Simfonie in rooi waar loof saam met hout gerangskik moet word.
Die doel van die verskillende temas is om eerstens kostes vir die rangskikkers te bespaar en dit sodoende moontlik te maak dat almal aan hierdie kompetisie kan deelneem en tweedens om variëteit aan die skou te verleen.
Die blommeskou-komitee nou alle rangskikkers asook tuiniers uit om deel te word van hierdie pragtige geleentheid.
Die Dias Museum word jaarliks omskep in 'n lushof van alle tipes plante en inskrywings vir die onderskeie kategorieë is gratis en almal staan die kans om pryse te wen.
Besoek ook die facebook-blad by: Mosselbaai blommeskou/flowershow vir meer inligting aangaande die skou.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'