MOSSELBAAI NUUS - Asof dit nie genoeg is dat inwoners op Mosselbaai soos die res van die land deur beurtkrag geteister word nie, het inwoners gisteraand, op Dinsdag, 19 April onder koperdiewe deurgeloop.
Voorsitter van die Hartenbos Heuwels Gemeenskapsveiligheidsforum, Philip Mattheus sê huisalarms het kort na 20:00 begin afgaan.
Koperdiewe het toegeslaan op die een na die ander huis en koperpype asook krane gesteel.
Minstens agt huise het deurgeloop.
Volgens Mattheus is die eerste voorval by Besembosstraat aangemeld. Kort daarna het diewe Saffraanstraat, Kinderbessiestraat, Essenhoutstraat, Rooielsstraat en Geelhoutlaan geteiken.
Die diewe het bloot oor heinings in erwe gespring en die krane en koperpype gesteel.
Mattheus versoek inwoners om bedag te wees en ligte waar moontlik te probeer aanhou. “Wees bedag op verdagte bewegings in die strate en meld dit dadelik aan.”
Inwoners kan die polisie kontak by 044 606 2207/8 of 082 379 2449.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'