MOSSELBAAI NUUS - Sidney Gilroy, nuwe misdaadskrywer het tydens Nasionale Biblioteekweek sy boekbekendstelling by die Ellen van Rensburg-biblioteek op Groot-Brakrivier gehou.
Gilroy het op Harrismith groot geword en het vinnig al die kinderboeke in die biblioteek klaar gelees. Hy beskryf homself as ‘n pragmatiese skrywer en skryf is vir hom ‘n magiese ervaring.
Gildroy het die misdaad genre gekies, want vir hom is soos ‘n skaakspel wat hy met die leser speel.
Hy het reeds drie romans geskryf, Klikbek en Middernag en sy nuutste boek, Vlam.
Die titel Vlam sinspeel op brand en die gewilde hoofkarakter, Solly Mthembu laat lesers saam met hom verskeie avonture meemaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'