MOSSELBAAI NUUS - Verskeie rolspelers het Vrydag, 12 April, op Louis Fourieweg, 'n padblokkade gehou om motoriste bewus te maak van veiligheid agter die stuur en om die K9-eenheid in te span vir voertuigdeursoeke.
Onder die verteenwoordigers van die Wes-Kaapse regering was die Premier van die Wes-Kaapse Regering, Alan Winde, die MEC vir Polisie-Oorsig en Gemeenskapveiligheid van die Wes-Kaap, Minister Reagen Allen, en die MEC vir Infrastruktuur van die Wes-Kaap, Minister Tertuis Simmers.
Van munisipale kant was die uitvoerende burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, raadslid Memory Booysen, ook teenwoordig. Mosselbaai-munisipaliteit was verteenwoordig deur die burgemeester, Dirk Kotzé, die direkteur van gemeenskapveiligheid van die Mosselbaai-munisipaliteit, Graeme Lategan, portefeulje-voorsitter vir gemeenskapveiligheid, raadslid Leon van Dyk, Reinet Sarikakis, provinsiale verkeershoof op Mosselbaai en verkeershoof, Henry Williamson, sowel as verskeie munisipale amptenare.
Die polisie en verkeer, saam met die K9-eenheid, het die padblokkade beman in samewerking met die span van Minister Reagen Allen.
Die Premier en sy span het ook die Mosselbaai-munisipaliteit gelukgewens met hul toekenning as die finansieel volhoubaarste munisipaliteit in die Wes-Kaap, en deel hierdie gesogte status met die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng in die res van Suid-Afrika.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’