MOSSELBAAI NUUS - Verskeie behuisingsopsies is beskikbaar vir werknemers wat oor 'n vaste inkomste beskik, het die Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, minister Bonkinkosi Madikizela aan 'n belangstellendes in 'n volgepakte stadsaal gesê.
Die minister het Donderdagoggend, 7 September tydens 'n vergadering oor bekostigbare behuisingsopsies daarop aangedring het dat alle munispaliteite se behuisingswaglyste hersien moet word sodat die werklike behoefte aan behuising behoorlik geanaliseer, bestuur en aangespreek kan word.
Hy het gesê die behuisingswaglyste moet meer besonderhede vervat sodat vir die verskillende tipe behuisingsvoorsieningsopsies beplan en begroot kan word.
Die vergadering was een van 'n reeks byeenkomste in die provinsie waar die bekostigbaarheid van en beskikbaarheid van verskillende behuisingsopsies met diegene wat nie vir gratis huise kwalifiseer nie, bespreek is.
Werknemers met 'n vaste inkomste per maand kan om enige van 'n aantal behuisingsvoorsieningsopsies aansoek doen.
"Sou die aansoeker wel vantevore 'n staatsubsidie ter wille van behuising ontvang het, is sommige van die kategorië van beskikbaare behuisingsprogramme nie 'n opsie nie. Geen aansoeker kan verwag om herhaaldelik staatshulp te ontvang vir die verkryging van 'n eie huis nie," het die minister gemaan.
Bystand beskikbaar
"Bystand is beskikbaar vir werknemers wat 'n huis wil koop. Die finansies-gekoppelde institusionele subsidieprogram (FLISP) bied 'n eenmalige subsidie aan huishoudings wat vir die eerste keer verbandfinansiering kry om 'n residensiële eiendom te bekom.
"Dit is gemik op diegene wat tussen R3 500 en R15 000 per maand verdien en om 'n verband by 'n bank aansoek kan doen. Hoe minder die werknemer verdien, hoe groter die subsidie - hoe meer die salaris, hoe minder die subsidie," het minister Bonginkzi verduidelik.
Deur die aanvanklike verbandlening te verminder, word die maandelikse terugbetalingspaaie-mente meer bekostigbaar. Dit kan gebruik word om enige residensiële eiendom of voorheen gesubsidieerde behuising te koop, asook om as 'n huis op 'n woonerf te deur NHBRC goedgekeurde bouer te laat bou.
Benewens die opsie om te koop, is daar ook behuisingsopsies beskikbaar wat gehuur kan word sodat die huurder 'n positiewe kredietrekord oor 'n vasgestelde termyn kan vestig. Met 'n goeie kredietrekord kan later om 'n verband aansoek gedoen word en 'n eie formele huis bekom word.
Maatskaplike behuising
'n Huuropsie is beskikbaar vir mense wat tussen R1 500 en R7 500 per maand verdien. Dit maak voorsiening vir 'n veilige langtermynhuur in eiendomme wat besit en bestuur word deur maatskaplike behuisingsinstellings.
Hierdie instellings is nie regeringsentiteite nie en word onafhanklik bestuur. Maatskaplike behuising word gelewer in aangewese herstruktureringsones, wat voorsiening maak vir hoogs gunstige huurgeld.
Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, het gesê een sy raad strewe daarna om die lewensomstandighede van al die mense in Mosselbaai te verbeter. "Om mense te help om in menswaardige huise te woon, is een van die grootste uitdagings."
ARTIKEL EN FOTO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'