MOSSELBAAI NUUS - "Ek wil nie hê dat mense na die taxi-industrie as super spreaders van die koronavirus verwys nie,” het die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Minister Bonginkosi Madikizela, tydens ‘n verrassings besoek op Maandag, 14 Desember by die Mosselbaai-sakekern se taxistaanplek gese.
Hy het met met taxi-eienaars en bestuurders geskakel oor die nakoming van gereguleerde Covid-19-voorkomingsmaatreëls.
Die besoek aan Mosselbaai was deel van 'n blitsbesoek aan die Tuinroete om met taxi-verenigings, eienaars, bestuurders en passasiers te skakel.
In Mosselbaai het die uitvoerende burgemeester, Raadsheer Harry Levendal, die uitvoerende burgemeester van Garden Route, Memory Booysen, die adjunk-uitvoerende burgemeester van Garden Route, raadsdame Rosina Ruiters, en Mosselbaai se portefeuljevoorsitter vir gemeenskapsveiligheid, raadslid Niklaas Booisen die LUR vergesel.
Minister Bonginkosi Madikizela, tydens ‘n verrassings besoek op Maandag, 14 Desember by die Mosselbaai-sakekern se taxistaanplek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'