Update
MOSSELBAAI NUUS - Mikeva Hyper in Mosselbaai sal dié week gesloop word sodat ’n splinternuwe gebou opgerig kan word.
Die eienaars van die gebou sê bykans 70% van die struktuur is in die brand wat op 27 Mei ontstaan het, beskadig.
Die slopingswerk het op Maandag 28 Julie begin en sal na verwagting tussen ses en agt weke duur.
Planne vir die nuwe winkel is reeds in die pyplyn, en daar is beloof dat die nuwe gebou aansienlik mooier en meer funksioneel sal wees as die vorige een.
“Ons is baie opgewonde oor wat kom. Die brand was vir seker ’n groot terugslag, maar dit gee ons ook die kans om iets nuuts en beter te bou,” sê Stratos Kritzas.
Hy sê hulle lojale instapverbruikers doen glo deesdae hul aankope by Checkers in Heiderand.
“Kleinwinkeleienaars en spazawinkeleienaars doen volgens ons kennisname hul aankope in George. Dit is ’n groot ongerief, veral vir kliënte wat van verder af kom en gereeld George toe moet ry.”
Die finale beraamde skade is nog nie bevestig nie.
“Ons waardeer ons kliënte se geduld in hierdie tyd en doen alles in ons vermoë om die proses so vinnig as moontlik af te handel,” sê Kritzas.
Vorige artikels:
- Mikeva fire: What next?
- No foul play suspected in Mikeva fire
- Prayer meeting held after Mikeva fire
- Fire breaks out at Mikeva, Mossel Bay
- Woman injured in Mikeva fire
- Creation of 200 jobs delayed due to Mikeva fire
- Mikeva fire: arson docket opened, investigation under way
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’