Onder andere is die herbouing van Cuffstraat teen 'n koste van R1 123 760 voltooi.
Fase twee van die projek, wat die verfraaiing van die straat en die aanbring van straatmeubelment en spesiale lamppale behels, sal in die nuwe finansiële jaar voltooi word.
Verder is 'n parkeerarea in Blandstraat, regoor Milkwood Primary School aangebring wat vir ouers van skoolgaande leerders aansienlike verligting sal bring. Hierdie projek het R956 950 beloop. 'n Toegangspad sal in die nuwe jaar voltooi word.
In Danabaai is die minisirkel voltooi en loopstroke teen 'n koste van R693 200 opgerig. Die loopstroke sal in die nuwe jaar voltooi word.
Upper Crossstraat in Mosselbaai word teen 'n koste van R1 373 300 herbou. Werk aan die res van die straat sal oorstaan tot later, en dus nie in die huidige finansiële jaar afgehandel word nie.
'n Baie welkome eiland en glipweg by die aansluiting van Kaapweg by Marshstraat, teen 'n koste van R500 000, behoort aansienlike verligting vir veral die ouers van leerders by Laerskool Park teweeg te bring. Die tweede fase, wat die bou van onder meer parkering in die gebied sal behels, word in die nuwe finansiële jaar gedoen.
"Ons is bewus van 'n insident in Cuffstraat, en daar sal gekyk word na die situasie om te sien of aanpassings moontlik gemaak moet word," berig die munispale woordvoerder, mnr Harry Hill, na aanleiding van klagtes oor die verhewe voetoorgang by die aansluiting van Cuffstraat uit Marshstraat.
Lesers het vandeesweek aan die Mossel Bay Advertiser genoem dat hulle hul maklik met die indraai misgis omdat die voetoorgang, wat soortgelyk aan 'n spoedhobbel is, die ryvlak gelyk met die sypaadjie maak. 'n Leser het gekla dat hierdie verhewe voetoorgang te hoog is en dat 'n voertuig inderdaad daarop vasgesit het en deur personeel van 'n naasliggende bank verwyder moes word.
In 'n ander geval het 'n bestuur-der met sy voertuig op die sypaadjie beland en een van die rooi betonblokke getref.

Die munisipaliteit is bewus van klagtes oor die verhewe voetoorgang by die aansluiting van Cuffstraat by Marshstraat en ondersoek die situasie om te sien of aanpassings moontlik gemaak moet word. Foto: Nickey le Roux
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'