MOSSELBAAI NUUS - Midbrak buurtwag hou ‘n ope vergadering vandag, 6 Junie 2022 om 18:00 in die Reebok gemeenskapsaal (h/v de Jager en Koedoe).
Inwoners word almal uitgenooi om die geleentheid by te woon. Die gasspreker is brig Kobus Kuyler wat oor die “Broken Window” effek, en die invloed wat dit op die misdaad in ons gebied het, gaan praat.
Die aanbieding sluit aan by die terugvoer oor misdaad in die area. Daar gaan ook terugvoer gegee word oor die kamera projek en finansies. Covid 19 protokol sal gehandhaaf word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'