Haar inspirasie?
"Wel, dis ons uitsig! Party van ons sit heel-dag hier en daar was niks om na te kyk nie," sê sy, wat self in 'n rolstoel is.
Lenie vertel dat sy van kindsbeen af 'n be-langstelling in tuinmaak het en dat sy vanwee hierdie liefhebbery, altyd 'n pragtuin gehad het.
As jarelange weduwee, het sy haar toe-nemend op tuinmaak begin toelê en ook nou werk sy self in die tuintjie, behalwe wanneer sy vanwee die rolstoel nie dieper in die bedding kan bykom nie.
"Ons het soms 'n tuinhulp en andersins is tannie Swart my waterdraer," sê sy.
Sy plant volgens die seisoen en die inwoners koop plantjies aan uit hulle eie sakke. Volgens Lenie word daar breiwerk gedoen wat verkoop word en hierdie 'sakgeld' betaal vir die saailinge.
Die harde werk lag sy af.
"Ag nee wat, ek tree nie af nie, ek tree aan. Hier werk ek graag en boonop is dit vir 'n goeie doel."

Alhoewel die nuwe saailing nog moet blom, het die mooiste gesiggies al in Onse Rus se tuintjie gepronk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'