Update
KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die 10-jarige meisie wat gisteroggend deur ’n voertuig op die N2 raakgery was, lê in die George-hospitaal met ernstige beserings.
Die familie het aan Mossel Bay Advertiser bevestig dat die meisie in ’n medies- geïnduseerde koma geplaas is sodat die dokters die kans kan kry om aan haar bene te opereer.
Volgens die kind se ma, wat anoniem wil bly, het sy ernstige beserings aan die onderste helfte van haar liggaam opgedoen.
Die voorval het vermoedelik duskant Power Town plaasgevind, waar die meisie en haar familie woon.
Slegs een voertuig was betrokke.
Die Groot-Brakrivier-polisie en nooddienste was op die toneel.
’n Saak van roekelose en nalatige bestuur is by die polisie aanhangig gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’