MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit en sy wetstoepassingsvennote sal ferm stappe doen teen oortreders wat kwaadwillige skade aan infrastruktuur aanrig.
Die afgelope week is meer as 15 padtekens met geweld verwyder en later langs verskeie paaie in Hartenbos, Diasstrand en Danabaai gevind. Skade aan infrastruktuur is ‘n onnodige koste vir belastingbetalers.
Dit skep ook in hierdie geval ‘n veiligheidsrisiko vir alle padgebruikers gedurende Mosselbaai se besigste tyd van die jaar, in terme van verkeersvolumes.
Lede van die publiek wat die verwydering van die padtekens aanskou het, word versoek om voorvalle by 044 606 5000 aan te meld. Indien moontlik sal beskrywings van oortreders en enige ander nuttige inligting baie help om oortreders aan te keer.
Oortreders kan van opsetlike saakbeskadiging aangekla word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'