GROOT-BRAK RIVIER NUUS - 'n 56-jarige man van Groot Brak is Dinsdag, 11 Junie, in hegtenis geneem na inligting ontvang is dat hy na bewering skedule 5 medikasie aan die gemeenskap verkoop.
Sersant Laurianne Botha, polisiewoordvoerder, sê die polisie op Groot Brak het Dinsdag 'n lasbrief uitgevoer ná die inligting ontvang is waarna die man gearresteer is.
Ongeveer 1 200 pille is in beslag geneem.
Die man is Woensdag vrygelaat op 'n waarskuwing om op 11 Maart volgende jaar in die hof te verskyn.
Die rede hoekom die hofdatum vir dan geskeduleer is, is onder meer om laboratorium resultate te ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’