MOSSELBAAI NUUS - ‘n 18-Jarige matriekleerder van Hoërskool Punt was vanoggend op Louis Fourieweg in 'n botsing betrokke.
Die ongeluk het net na 07:30 gebeur toe hy met sy bromponie teen die agterkant van 'n Nissan-bakkie gebots het.
Die leerder het sy bobeen gebreek en het moontlik nekbeserings opgedoen.
Die leerder was op pad om vanoggend eksamen te skryf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'