MOSSELBAAI NUUS - Vandag, 29 November, sal jy heelwat meer jong gesigte in die omgewing sien.
Duisende matrieks het op Mosselbaai toegesak vir hul matriekvakansie - Matriekbaai.
Dié fees gebeur van vandag, 29 November, en duur tot Saterdag, 7 Desember.
Verlede jaar was daar sowat 3 000 vaste inskrywings vir die fees en kunstenaars soos Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Bok van Blerk, Droomsindroom en meer sal vanjaar optree om dié voormalige graad 12-leerders te vermaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’