Die optoggangers se veiligheid word voorop gestel en die organiseerders doen ‘n dringende beroep op deelnemers om nie plakkate met onwelvoeglike woorde of haatspraak te vertoon nie.
Landwyd word talle optogte beplan en in die Suid-Kaap sal op al die nabure dorpe soortgelyke protesoptogte plaasvind.
“Dit is nou die tyd om saam te staan, en om te wys dat Mosselbaai se mense eensgesind kan wees ter wille van die vooruitgang van ons pragtige land. Dit gaan nie hier daarom om party-politieke punte te verwerf nie, daar is ‘n heelwat groter doel wat elke Mosselbaaier wel deeglik verstaan.”
Die nodige toestemming vir die optog is bekom en daar is met al die nodige wetstoepassingsinstansies vergader om te verseker dat die optog vreedsaam en stigtelik sal verloop.
Die optog vertrek om 08:30 vanaf die munisipale kantore tot by die Punt waar Mosselbaai se burgemeester, raadsheer Harry Levendal, en die geestelike leier, Vader Peter Rhodes van die Nativity Anglican Church die skare sal toespreek.